Hier's 'n paar foto's uit Korea: http://www.facebook.com/album.php?aid=99346&l=17e60&id=714770093
23 March 2008
Pretty Girl en Big Eyes
Dis al amper 'n maand! Toe ons hier aangekom het, het die sneeu 'n lekker dik laag was gelê en ditkoooouuuud. Nou's als gesmelt en die bloeisels skimp al om uit te kom. Ons is nou al lekkeringesettle en voel baie tuis, en die kos nie meer so vreemd nie.
Hier's 'n recamp van ons eerste paar weke:
Die vlug:
Die vlug tussen Jozi en Hong Kong was great - ek en Thomas het 'n hele ry met vier sitplekke vironsself gehad, so ons kon lekker uitspan en fliek kyk. Ons kon nie veel slaap nie, ons koppe was heeltemal te deurmekaar met die tydsverskille. Op Hong Kong se lughawe was ons vreeslikvaak, en ons kon nie eens 'n koppie koffie bekostig nie. Die 3-ure vlug tussen Hong Kong en Suid-Korea was minder lekker - bietjie meer beknop en die entertainment minder cool.
Week 1:

Na 18 ure in die lug land ons in Incheon, naby Seoul. Ons taxi-bestuurder wag met 'n plakkaatjie (ek wou nog weet hoe dit voel as iemand vir my met 'n postertjie wag). Gelukkig praat hy nie Engels nie, so ons hoef nie small talk te maak nie. Dit vat ons 'n paar uur om by Pocheon uit tekom, en meeste van die tyd lê ek en slaap (ten spyte van die drywer se weird GPS wat die heeltyd praat en geluide maak).
In Pocheon land ons by Thomas se skool, en ontmoet die outjie by wie hy oorvat. Mark is van Engeland en is vreeslik behulpsaam. Ons moet tydelik in Mark se ou woonstel bly, en ons almal trek soontoe. Dis klein en koud, maar ons is net te bly om te kan slaap!
Die eerste week doen ons 'n bietjie admin: my departementshoof (Ms Kwak) en my gasonderwyser (Sun-Young) help my om 'n selfoonkontrak te kry, en maak vir my en Thomas bankrekeninge oop.
(Hang on - gasonderwyser klink saam. Dis 'host teacher'. Elke Native Speaking Teacher - dis ons - het een onderwyser wat jou hand vashou en met allerhande dinge help. Dis nogal harde werk vir hulle, maar sover ons verstaan is daar nogal prestige aan verbonde en kan dit tot 'n verhoging en bevordering lei. Myne, Sun-Young, is fantasties. Thomas s'n is... kom ons sê eerder net myne is BAIE fantasties en sy gaan uit haar pad uit om my te help.)
Ons ontmoet die res van die personeel, Thomas by die Pocheon Middle Girls' School, ek by Pocheon-il High School. Ons altwee is groot hits toe ons hulle groet met 'Anyong Haseyo!' (Hallo in Koreaans.) Ons ontmoet ook die ander Native Speaking Teachers in die dorp. Daar's altesaam vyf (sonder Mark, wat oppad terug is Engeland toe). Die vyf is ek, Thomas, twee (jip) Suid-Afrikaners uit die Kaap, en Alistair wat ook Brits is maar wie se ouers Italië toe getrek het. Ons eet 'n paar interessante disse - meesal Kimchi, wat enige vorm van gepekelde groente is, maar veral kool. Dis nie so erg soos wat dit klink nie, en blykbaar is dit bietjie verslawend. Die Donderdagaand eet ons rou seepampoentjies, waaroor ek nou huis toe skryf, maar in my lewe nooit weer sal eet nie. Juk. Na daardie avontuur kyk ek nie eers vir die oesters op die tafel nie.
Donderdag laat weet Thomas se departementshoof, Mr Kim, dat ons by Mark se woonstel moet uittrek. Hulle't nou nog nie vir ons 'n ander plek gekry nie, maar hier's die adres en nommer van 'n motel. Ons moet Vrydag uit wees. Die motel is ver, dis dodgy, en ons weet nie hoe ons al ons goed daar gaan kry nie. En dis deksels koud buite. So Vrydagmiddag sit ons en wonder of ons met ons tassies teen die berg gaan uitklim (die motel is hoog), of ons daar gaan plak totdat iemand ons uit met 'n trokkie kom haal omdat hulle nou al desperaat is om ons daar uit te kry. Hier, uit die bloute, bel ons recruiter, Joyce, om te hoor hoe dit gaan. Nee, dit gaan goed, maar ons weet net nie mooi waar ons vanaand gaan slaap nie. Wat?!? sê sy. Ons moet haar 'n paar oomblike gee, sy gaan gou rondbel. Sy bel rond, en hier 5-uur kom haal Ms Kwak en Sun-Young ons om na woonstelle te gaan kyk. Die eerste een wat die agente ons wys, is nog kleiner as Mark s'n, en ver uit die dorp uit, en in my mees hoflike stemmetjie sê ek Dis bietjie te klein. Gelukkig stem hulle saam, en ons is hier weg na nog 'n woonstel. 'n Bietjie ongemaklik, want dis al amper 6-uur op 'n Vrydagaand en dit was Thomas se skool wat drooggemaak het, blykbaar, en nou moet my skool die stoffies opvee.
Hier's die storie. My skool is gevra om die verblyf uit te sorteer. Omdat hulle baie agtermekaar is, kry hulle weke voor ons kom, 'n 2-slaapkamer plek. Maar nee, sê Thomas se Mr Kim (hier's so baie Mr Kims in Korea, ons noem hom die Kimster), hy wag vir 'n papiertjie van die regering om te bevestig dat ons kom, of so iets. Maar daar bestaan nie so papiertjie nie, en met die gewaggery vir 'n papiertjie wat nie bestaan nie, verloor my skool die 2-slaapkamer woonstel. En die Kimster wag nogsteeds, en die papiertjie kom nie. So land ek en Thomas toe nou, en driedae later is daar nog geen papiertjie nie, en nog geen woonstel nie. En hy's ouer en dalk meer senior as my Ms Kwak, so ek dink daar's bietjie huiwering om hom te omseil.
Maar toe klim Joyce in, en die wiele begin rol.
Die tweede plek wat ons na kyk, is ook net bietjie buite die dorp, maar dis nie meer as vyf minute se stap na die busstop nie. Twee slaapkamers, 'n woonkamer, 'n BAD! (in die ander plekke was die badkamer een groot stort met 'n wasbak en 'n toilet. Weird.) en - hier kom die kwikslag - vensters aan weerskante, wat beteken daar's son en lig regdeur die dag. That does it. Hired to the two Africans (daar gaan die area se aansien).
Die plekkie is wel vreeslik vuil, en die naweek spring ons in om te skrop. Sondagoggend word ons wakker en dit sneeu! Dis die eerste keer dat Thomas sneeu sien, en ons sit bietjie by die venster en uitstaar. Ons plekkie is heerlik warm - nie net is daar dubbele vensters nie, maar aan weerskante van die huisie is daar stoepe. So: buitekant, dubbele venster, stoepie, dubbele venster, kamers. Met ondervloerse verhitting. (Ons sit dit net vir 'n paar uur elke aand aan, want dit werk met gas en dis bietjie duuur. Baie eko-vriendelik, though.) Alistair het ons genooi om bietjie saam met hom te gaan stap die Sondag, maar ons twyfel of ons Suid-Afrikaanse kleertjiesons op 'n berg in die sneeu gaan warm hou, so ons stel dit uit na volgende week. Ons gaan welinkopies doen, en ry met die bus Tesco se Home Plus toe, dis in die naburige dorp. Ons probeer 'n duvet en 'n paslaken koop, maar ons kan nie uitfigure wat is wat nie. Ons kry nie 'n paslakennie, maar koop darem na 'n lang gewik-en-weeg 'n Baie Pienk comforter. Kom by die huis, en dis 'n paslaken.
Week 2
WAT Ons begin werk! Gelukkig het ons 'n week om vir ons klasse voor te berei, so vir die week sit onsbasies in die kantoor en probeer lyk of ons werk. Dis moeilik om voor te berei as jy nie weetjy moet voorberei nie! Kry dit darem reg om besig te lyk.
'n in orals Saterdag gaan ons Seoul toe. Eers Uijeongbu (waar M*A*S*H afspeel) toe met die bus vir sowatuur, en dan met die trein Seoul toe. Ons is nie TE avontuurlik nie: ons loop net in die subway-stasie se koopsentrum rond. Maar goeie genade! Ons was Yongsan stasie toe, watbekend is vir sy groot elektroniese winkelsentrum. Hoeveel vloere - 7? 8? Net rekenaars en selfone en ipods en stofsuiers en yskaste waar jy kyk. Thomas koop die rekenaarkabeltjies wathy nodig het (helaas nie die regtes nie), en ek koop 'n silikon-jassie vir my ipod. Ons drink koffie, loop nog lekker rond (daar's ook baie ander winkels), en teen aand se kant toe kom ons terug. Die volgende dag gaan ons weer Home Plus toe. Hierdie keer is ons al klaar minder verward, en ons koop 'n fraaie comforter wat soortvan by die Pienk paslaken pas. Die middag gaan stap onssaam met Alistair en ons is verbaas oor hoe fiks ons is! Ons klim tot by 'n tempel. Ons gaan nienie, want ek dink hulle was besig om te bid, maar ons loop buite rond. Daar's net Buddhatjiesrond. Party van die klein beeldjies - veral die plastiek poppies - is klein bietjie creepy.
Week 3:
Ons begin skoolhou! Maandag gaan rof. Ek het my laagste vlak klasse, die landboustudente, en hulle steek hulle gebrek aan Engels agter rumoerigheid weg. Oi. Gelukkig gee ek net 2 uit die 4 klasse, want die middag gaan ek en Sun-Young Uijeongbu toe om aansoek te doen vir my Alien Registration Card en ook vir my Multiple Entry Visum. In Suid-Afrika kon ons net Single Entry Visums kry, maar met 'n Multiple Entry een kan ons kom en gaan soos ons wil.
Die res van die week gaan beter - maar eers nadat ek Maandagaand frantically my lesplan aanpas.
Die naweek bly ons meesal by die huis. Sondag gaan eet ons in Pocheon, gaan na 'n PC Bang toe (internetkafee) en loop bietjie rond.
Week 4:
Maandagaand kry ons internet by die huis! Dis reg, vir 42 000 won 'n maand (dis so R320) kry ons wireless internet, sonder enige bandwidth beperkinge, met 'n spoed van 100 meg 'n sekonde (alhoewel dit nader aan 10 per sekonde is). Wat beteken dit vir 'n Suid-Afrikaner wat gewoond is daaraan om te gaan koffie maak terwyl 'n Youtube video laai? Niks sulke dinge nie - dit laai vinniger as wat jy kan kyk, ons kyk flieks en televisie in streaming video, luister radio, bel met Skype... En word bederf. Internet in SA gaan nie weer dieselfde wees nie.
Die naweek is ek siek! Ons wou weer Seoul toe gaan, hierdie keer om boeke en klere te koop, maar Saterdag het ek die heeldag geslaap, en Sondag reën dit en slaap ek die hele oggend.
En die kos?
Behalwe vir die walglike seepampoentjies en een of twee disse wat 'n kwaai kyk gehad het, eet ons baie lekker. Koreaanse kos is S-P-I-C-Y! Nie vir mense wat bang is vir 'n chili twee nie. Darem nie so warm dat jou oë traan nie, dit laat net my neus loop. En baie rys. En kimchi saam met elke maaltyd. In die restaurante hierso kry jy saam met elke maaltyd sop, side dishes (kimchi en slaai) en drankies soos koffie en soda verniet. Jy betaal net vir die hoofdis. Ons gunstelinge sover is die Bibimbap, of Spicy Rice. Dis rys met groente, rooirissiesous en 'n eier bo-op. Ons hou ook van Galbi (gebraaide vleis, raai raai) en Om-Rice, 'n omelet met rys binne. En Bimbap, or rice rolls, wat amper soos Sushi is, maar met groente en ander goedjies binne-in. Jy kry so hele rolletjie (met so 7 stukkies in) vir R8. All-in-all eet ons baie gesond, en ons het altwee al 'n paar kilgram afgeskud!
Die taal
Sja, ons kan nog nie veel praat nie. Anyong Haseyo en Kamsa Hamnida (dankie) werk sover nog goed, maar ons moet nog frases leer! Ons kan darem die alfabet lees, en dit help baie in restaurante en met naamborde. Partykeer lees jy nog so vir die lekker, en dan kom jy agter jy lees 'K Ma-tu' (K-Mart), 'Mo-Ning' (Morning), 'I Mi Gi' (image) ens. In Koreaans is daar nie twee verskillende konsonante langs mekaar nie, so as hulle Engelse woorde sê, breek hulle die twee konsonante in verskillende lettergrepe in. So die naam Mark word Mar-ku, en die fliek Scream is Su-Cu-Ream. En as 'n woord met 'n S eindig, sit hulle 'n 'u' in die einde. So Thomas is, ten spyte van vele protestasie, Tomasu.
Wat dink die studente van ons?
Ek en Thomas het baie mooi neuse. (Het ek nie plastiese sjirurgie gehad nie?) Thomas het mooi groot oë. Ek is 'n Pretty Girl. Of Cutie. My oë is dan bruin! Is dit my regte haarkleur? Ek is so lank! Vir iemand wat nie Koreaans is nie, is ek mooi maer. Thoma-su is 'n rock star, met jillende jong tienertjies wat giggel as hulle hom in die straat sien.
PS:
Ons het 'n ekstra bed en slaapkamer vir kuierende familie en vriende! ...
xx

Subscribe to:
Comments (Atom)